Wat om te doen

 
 

Stap
Dit is ‘n klipperige, berg-agtige omgewing, bring gepaste stapskoene saam as julle wil gaan stap.

Swem
Daar is ‘n heerlike swembad en vir die avontuurlustiges, swem in die rivier.  Onthou net, dit is die Krokodilrivier

Voël en dierelewe
Tientalle voëlsoorte word op die plaas gevind onder andere: die grys neushoringvoël (bosveldpappegaai), verskeie visvangers, kolganse, renostervoëls en visarende.

Daar is die volgende soorte wild op die plaas: Kameelperde, koedoes, rooibokke, waterbokke, njalas, zebras, blouwilde beeste en rooihartbeeste.

Die wild is redelik mak, en lek en lusern word uitgesit, as hulle afkom, kan mens hulle van die swembad af sien.

Daar is ook ngunis, boerbokke,  ‘n straatbrakkie en ‘n Worsie.

Bergfiets
Die pad is rof, maar die dapperes kan bergfiets ry.

 

 

 

 

 
Content © by Krokodilpoort Lodge 2017       |        Designed by doenit.net